Hierdie toere strek oor vier of vyf dae en toergangers kan kies uit staproetes in die Knersvlakte, Weskus, Sederberge, Pakhuisberge, Bokkeveld en Gifberg.
Hierdie toere word slegs op aanvraag gedoen en saamgestel om by die groep se behoeftes en vaardighede te pas. Vir ervare stappers is daar roetes soos die Maltese-kruis en Wolfbergskeure en -boog. Minder ervare stappers sal roetes langs die Weskus, Stadsaal-grotte en Bokkeveld geniet.
Daar is baie opsies om van te kies, kontak ons vandag vir `n onvergeetlike staptoer.
Groepe van vier of meer kan geakkommodeer word.