Richtersveld Toere

OOR DIE TOER

Bus

4x4 voertuie

Kampeer

Geregistreerde toergids

Datums van Vanrhynsdorp

Namakwa Toere bied ’n 9-dag toer na die Richtersveld aan. Geniet ’n 4×4 voertuig- en kampeer-ervaring terwyl jy die prag van die Richtersveld ontdek.

Ons datums vir die Richtersveld toere in 2019 is:

  • Maandag, 24 Junie tot Dinsdag, 2 Julie 2019
  • Sondag, 23 Junie tot Woensdag, 3 Julie 2019 (met opsionele verblyf by Namaqua Lodge)

 

ROETE

Van Vanrhynsdorp na Richtersveld Transfrontier Park

Ons slaan tent op by ons eerste kampeerterrein in die Richtersveld Transfrontier Park. Vir die volgende 5 dae sal ons deur die Richtersveld Transfrontier Park toer. Elke aand se kampeerarea hang af van die hindernisse en die pas waarteen die groep beweeg.

Van Richtersveld Transfrontier Park na Aus

Op dag 7 sal ons by Sendelingsdrift oor die Namibiese grens gaan. Ons reis na klein Aus Vista en kamp daar vir twee aande. Daarna verken ons Luderitz en gaan op ’n begeleide toer deur die spookdorp, Kolmanskop.

Van Aus na Hobas


Ons verlaat Aus en reis na die Visrivier-canyon waar ons vir een aand oorbly in Hobas. Ons geniet ’n heerlike middagete by die uitkykpunt van die Visrivier-canyon. Na ons aand in Hobas, keer ons terug huistoe.

KONTAK ONS

Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.


Kies toer

Aantal mense

Naam

E-pos

Telefoon nommer

Jou boodskap