Namakwa Toere bied ook pasgemaakte toere aan volgens jou spesifieke vereistes. Bespreek gerus jou idees met ons waarna ons ’n spesiale toer vir jou kan saamstel. Verskeie aktiwiteite kan ook op die toere ingesluit word.
Pasgemaakte toere
SPANBOU-TOERE
Volgens jou behoeftes aangepas
Die roetes sluit hoofsaaklik die volgende streke in: Sederberge, Weskus, Gifberg, Nieuwoudtville en Knersvlakte. Ander aktiwiteite soos “zip sliding” en perdry kan gereël word asook spanbousessies vir besighede en ook skole.
Namakwa Toere het ook onlangs ’n groep geneem op ’n pasgemaakte toer van Nieuwoudtville en die Knersvlakte, met ’n groep liefhebbers van vetplante.
- Sien die plekke wat julle wil sien.
- Luukse verblyf.
- Spanbou-sessies met ‘n verskil.
STAPROETES
Ons kundige gids vergesel jou
Aangesien ons die omgewing soos die hand palm van ons hand ken, kan toergangers verseker wees dat hulle slegs die beste en mees unieke natuurwonders sal sien.
- Staproetes word bepaal deur die groeplede se vermoëns.
- Roetes word by weersomstandighede aangepas.
- Staproetes wissel van gemaklike tot langer staproetes.
- Jy kan spesifieke aktiwiteite versoek.
KONTAK ONS
Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.