Namibië Toere

OOR DIE TOER

4x4 Bus vervoer

Luukse Verblyf

2 Maaltye per dag

Vertrek vanuit Pretoria, Kaapstad & Windhoek

Internationale vlugte ingesluit na of van Namibië

Namakwa Toere bied ‘n asemrowende 10 dae toer na Namibië aan. Besoek hierdie ongerepte land se hoogtepunte met 2 maaltye ‘n dag, luukse akkommodasie wat die omgewing komplimenteer en‘n vliegtuig kaartjie na of van Namibië ingesluit.

 

Ons datums vir die Namibië-toer in 2021 is soos volg:

  • Nam 4/1 Woe. 03Mrt – Sat. 13Mrt 2021 1
  • Nam 4/2 Woe. 03Mrt – Sat. 13Mrt 2021 1
  • Nam 4/3 Din. 13 Apr – Vry. 23 Apr 2021 2
  • Nam 4/4 Din. 27 Apr – Vry. 07 Mei 2021 2
  • Nam 4/5 Vry. 01 Okt – Maa. 11 Okt 20212
  • Nam 4/6 Maa. 01 Nov – Don. 11 Nov 2021 2
  • Nam/ Bot 5/5 Woe. 13Okt – Sat. 23Okt 2021 3

1 Vertrek uit Pretoria
2 Vertrek uit Kaapstad
3 Vertrek uit Windhoek – Arebbusch

ROETE & HOOGTE PUNTE

Vanaf die Vis tot by Etosha

Van onder in die suide teen die Suid-Afrikaanse grens tot in Etosha Nasionale Park bo in die noorde,besoek ons die top besienswaardighede wat Namibië so indrukwekkend maak. Soos met ons bekende blommetoere, streef ons om net die beste toer aan te bied!

  • Besoek die Visrivier Canyon.
  • Kyk uit oor die die groewe gesny deur water.
  • Beleef die wildlewe van Etosha en.
  • Aanskou die besonderse diversiteit.

‘N SPOOKDORP EN WILDLEWE

Ryk geskiedenis en wildlewe

Ons roete vat ons na die kusdorp Luderitz en die bekende spookdorp Kolmanskop. Hier onderneem ons ‘n begeleide toer. Behalwe vir die ongelooflike fotogeleenthede laat die dorp jou verstom oor die tegnologie van daai tyd. Van hier volg ons die grondpad diep in die woestyn in.

  • Besoek Kolmanskop.
  • Wilde perde van die Namib.
  • Asemrowende skoonheid van die Namib-woestyn via die D707.
  • Sien Sossusvlei in die Namib-Naukluft Nasionale Park.

DIE REUSE NAMIB

Waar die grootheid jou klein laat voel


Daar is min dinge mooier as die sonsopkoms oor die see van sand wat eers die silhoeët verander na bruin en bruin verander in ‘n intense roes bruin, roos rooi, prentjie mooi toneel. Jy moet daar wees om dit te kan verduidelik. Wanneer ons Dooievlei binne stap laat die grootheid van die duine rondom jou jou weer klein laat voel.

 

  • Wandel na Dooievlei.
  • Asemrowende skoonheid van die Namib-Woestyn.
  • Voel klein in die groot woestyn.

KUSVLAKTE & SWAKOPMUND

Die meka van tourisme in Namibië

In teenoorstand met die pragtige sonsopkoms in Sossusvlei, is daar min dinge mooier as ‘n Weskus sonsak. Met ‘n besoek na die Maanlandskap en die Welwitschia velde van Oasis Goanikontes is dit ‘n hoogtepunt wat onvergeetlik is. Geniet ‘n afdag waar jy kan verken & ontspan.

  • Maanlandskap en Oasis Goanikontes.
  • Die unieke Welwitschia mirabilis.
  • Sien waar die duine & die see ontmoet.

KONTAK ONS

Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.


Kies toer

Aantal mense

Naam

E-pos

Telefoon nommer

Jou boodskap