Kalahari Toer

OOR DIE TOER

Bus

Luukse verblyf

Datums van Kaapstad of Pretoria

Die Kalahari-toerdatums vir 2019 is:

26 September tot 2 Oktober 2019

14 Oktober tot 20 Oktober 2019

30 Oktober tot 5 November 2019

ROETE (begin in Pretoria)

Van Pretoria na Witsand Natuurreservaat

Ons reis die eerste dag na Witsand Natuurreservaat. Ons neem die N14 via Kathu en Vryburg en draai net na Olifantshoek af na die Witsand Natuurreservaat.

Witsand is bekend vir sy uitgestrekte duine en die bekende Brulsand van die Kalahari – die sand maak ’n brulgeluid wanneer dit versteur word deur wind, diere of mense.

Van Witsand Natuurreservaat na Kgalagadi Transfrontier Park

Ons reis via Upington na die Kgalagadi Transfrontier Park waar ons vir die volgende drie aande by die Kgalagadi Lodge bly. Geniet die stilte en skoonheid van die Kalahari.

Ons sal gedurende ons tyd hier die park ontdek waar ons by verskeie watergate sal stop om die wild- en voëllewe te soek en af te neem.

Van Kgalagadi Transfrontier Park na Augrabies Waterval


Ons vertrek van Kgalagadi Transfrontier Park na die Augrabies Waterval, een van die hoogtepunte van ons toer!

Van Augrabies na Vanrhynsdorp

Ons reis na Vanrhynsdorp en die pad neem ons verby Pella en deur die Klipkoppe van Namakwaland. Ons slaap vir een aand in Namaqua Lodge op Vanrhynsdorp.

Ons vertrek die laaste dag vroeg na Kaapstad en neem ’n vlug terug na Pretoria.

Indien jy kies om die toer in Kaapstad te begin, sal die dit as volg verloop:

  1. Kaapstad
  2. Vanrhynsdorp
  3. Augrabies Waterval
  4. Kgalagadi Transfrontier Park
  5. Witsand Natuurreservaat
  6. Pretoria (vlieg terug na Kaapstad)

KONTAK ONS

Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.


Kies toer

Aantal mense

Naam

E-pos

Telefoon nommer

Jou boodskap