Fotografie-toere

OOR DIE TOER

Bus

Luukse verblyf

Geregistreerde toergids

Op aanvraag

Namakwa Toere bied ook fotografie-toere aan vir diegene wat hul kamera beter wil leer ken. Hierdie toer sal jou blootstel aan verskillende natuurtonele en jou in staat stel om dit op ‘n uitsonderlike manier op kamera vas te vang.

UITSONDERLIKE TONELE

Leef jou passie uit

Namakwa Toere spog met ‘n energieke span jongmense wat ’n absolute passie het vir wat hulle doen en ‘n onvoorwaardelike liefde deel vir die omgewing, sy mense en natuurlik, die plantegroei.

Mike Spies, ons gids, nooi alle natuurliefhebbers om meer van ons omgewing in kleiner groepe te kom sien.

  • Sien unieke plekke.
  • Uitsonderlike tonele word vasgevang.
  • Deel jou passie met ander.

MIKE SPIES

Ons kundige fotograaf lei jou op

Mike Spies, ons fotograaf, nooi alle natuurliefhebbers en fotografie-entoesiaste wat hul tegnieke wil verbeter, om hierdie unieke toer by te woon.

Mike bied kundige opleiding met die neem van foto’s, asook basiese opleiding met Adobe Lightroom. Kontak Namakwa Toere vir meer besonderhede oor hierdie toere.

  • Mike het jare se ondervinding.
  • Kry persoonlike aandag van die gids.
  • Basiese opleiding met Adobe Lightroom.
  • Alle natuurliefhebbers welkom.

KONTAK ONS

Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.

Kies toer

Aantal mense

Naam

E-pos

Telefoon nommer

Jou boodskap