Botswana Toere

OOR DIE TOER

Bus

Luukse verblyf

Geregistreerde toergids

Datum vanaf Pretoria

Namakwa Toere bied ’n skouspelagtige 9-dag toer na Botswana aan. Ons besoek hierdie ongerepte land en wys toergangers die wonderskone natuur, wye verskeidenheid wilde diere en verskeie toeriste-attraksies.

 

Ons toer in 2019 is van die 10de November, tot die 18de November. Die toer vertrek vanuit Pretoria.

ROETE

Van Pretoria tot Kasane

Toergangers word geneem van Orapa na Maun waar die groep ’n paar dae vertoef, daarna na Nata en Kasane vir nog ’n paar dae, dan na Palapye en weer terug na Pretoria. Ons ry in ’n luukse 22-sitplek 4×4 bus.

  • Vlug oor die Okavango-Delta
  • Ons lê besoek af aan Planet Baobab
  • Verblyf reg langs Chobe Nasionale Park

OKAVANGO DELTA

Een van die 7 wonders van die wêreld

Ons gaan as ’n groep in ’n air-caravan op ’n skilderagtige vlug oor die Okavango Delta, een van die 7 wonders van die wêreld. Die Okavango Delta vloei uit Angola, maar die water bereik nooit die see nie. Dit loop in Botswana en vorm een groot vleiland waarin verskeie dier- en voëlspesies floreer.

CHOBE NASIONALE PARK

Bly reg langs die rivier


Die absolute hoogtepunt-bestemming van ons toer is die besoek aan Kasane. Hier gaan ons oornag vir drie opeenvolgende nagte en in verskillende rigtings verken. Ons gaan tuis by die Chobe Safari Lodge reg langs die Chobe Rivier en langs die Chobe Nasionale Park.

VICTORIA WATERVALLE

Grootste waterval in Afrika

Op Dag 6 vertrek vroegoggend na die Victoria Watervalle. Ons kruis die grens by Kazungula wanneer ons gaan en terugkom. Verskeie aktiwiteite is beskikbaar vir toergangers om aan deel te neem indien u nie saam met die res van die groep op ‘n staptog van Victoria Watervalle wil gaan nie.

KONTAK ONS

Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.


Kies toer

Aantal mense

Naam

E-pos

Telefoon nommer

Jou boodskap