Hierdie toer strek oor ses dae en toergangers besoek onder meer die Weskus, die Knersvlakte, Vanrhynsdorp, Nieuwoudtville, Clanwilliam, Wupperthal, Porterville en Tulbagh. Wupperthal en die Biedouwvallei is van die hoogtepunte op hierdie toer.
6 Dag Namakwaland Blommetoer
DAG 1 en 2
Van Kaapstad tot Vanrhynsdorp
Ons vertrek uit Kaapstad en ry deur Saldanha en daarna na Elandsbaai. Daarna kies ons koers deur die Sandveld na Vanrhynsdorp.
Op Dag 2 besoek ons die Knersvlakte en ry deur die Hardeveld na Garies en Springbok.
- Besoek die bokkomhoofstad van Suid-Afrika.
- Sien die groot verskeidenheid dwergvetplantjies op die Knersvlakte.
- Ons besoek ou kopermyndorpies rondom Springbok.
DAG 3 en 4
Die blombol-hoofstad en die Weskus
Ons besoek besienswaardighede in en om Nieuwoudtville en die volgende dag kan toergangers hul gereed maak vir ’n heerlike Weskus-ervaring wanneer ons na Lambertsbaai ry.
- Ons bestyg die skouspelagtige Vanrhynspas.
- Sien die pragtige waterval by Nieuwoudtville.
- Besoek die Kokerboomwoud.
- Ons gaan die Pakhuisberge binne by Clanwilliam.
- Ons besoek die Ramskop-natuurtuin.
DAG 5 en 6
Van Wupperthal na Tulbagh
Ons ry via die Pakhuispas in die Sederberge na die Biedouwvallei en dan na Wupperthal. Ná die Piekenierskloofpas draai ons af na Porterville en dan na Tulbagh..
- Ons besoek die ‘Engelsman se graf’.
- Ons ry tot by die Biedouwvallei.
- Koop vir jou ’n paar Wupperthal-vellies.
- Sien die Swartland se koringlande.
- Besoek die karaktervolle dorpie Tulbagh.
KONTAK ONS
Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.
Stuur vir ons ’n boodskap.