Hierdie toer strek oor vyf dae en toergangers besoek onder meer Langebaan, Dwarskersbos, Knersvlakte, Nieuwoudtville, Vredendal, die Weskus en Tulbagh. Die besoek aan die Knersvlakte is een van die hoogtepunte van die toer.
5 Dag Namakwaland Blommetoer
DAG 1 en 2
Van Kaapstad na Springbok
Ons vertrek van Kaapstad en ry deur Bloubergstrand op pad na Darling en eindelik Vanrhynsdorp waar ons oornag.
Op die program is onder meer besoeke aan die Knersvlakte, Hardeveld en die Namakwalandse Klipkoppe.
- Sien karaktervolle vissersdorpe.
- Ons verken die Knersvlakte met sy versteekte dwergvetplante.
- Ons lê besoek af aan die Namakwalandse Klipkoppe.
- Besoek ou kopermyndorpies rondom Springbok.
DAG 3 en 4
Van die blombol-hoofstad tot Clanwilliam
Ons ry met die skouspelagtige Vanrhynspas tot bo-op die Bokkeveldplato by Nieuwoudtville – die blombol-hoofstad van die wêreld! Dag 4 bied ’n lekker Weskus-ondervinding – ons besoek Strandfontein, die juweel van die Weskus, asook die visserdorpies Doringbaai en Lambertsbaai.
Die waterval en gletserspore by Nieuwoudtville word ook besoek.
- Verken die grootste kokerboomwoud ter wêreld.
- Ons besoek skilderagtige vissersdorpies.
- Lambertsbaai is Suid-Afrika se kreefhoofstad.
- Besoek die Ramskop-natuurtuin.
DAG 5
Van Piekenierskloof tot by Tulbagh
Van die Piekenierskloofpas het toergangers ’n pragtige uitsig oor die Swartland se canola- en koringlande. Ons draai af na Porterville en ry deur Gouda via die Nuwekloofpas na Tulbagh.
- Sien die Swartland se pragtige koringlande.
- Stap deur Kerkstraat op Tulbagh.
- Besigtig die dorp se pragtige geboue.
- Vertrek terug na Kaapstad.
KONTAK ONS
Stuur vir ons ’n boodskap.