Streke wat ons besoek:

Wie is Namakwa Toere?

  • Ons is ‘n familie besigheid wat uit ouers en kinders bestaan :

Innes (Snr) Pa :       
Toerorganiseerder wat altyd streef om ‘n beter toer pakket saam te stel.
Geregistreerde toergids wat Namakwaland, die Weskus en Sederberge (die Stadsaal Grotte), ken en hierdie streke as ‘n toekomstige streek bekend wil maak waarna elke toeris graag wil kom en toere onderneem.
Niemand het al meer toeriste na Namakwaland geneem as hierdie bekwame toergids en toer -operateur nie.
Eienaar van Namaqualand Country Lodge, wat sorg dat elke toerlid die verblyf en etes as uitmuntend beskou tydens die toer.
Jenny Ma :
Doen alle besprekings persoonlik en u kan dus verseker wees van ‘n professionele  diens wat u sal ontvang.
Uit ondervinding weet ons dat daar toerlede is met verskillende behoeftes en daarom doen sy die moeite om elke bespreking self te doen.
Sorg vir alle reëlings sowel as die hoogstaande gehalte van alle etes wat u gedurende u verblyf sal ontvang by Namaqualand Country Lodge.
Mike – Oudste seun :                             -
Werk sedert hy die skool na matriek verlaat het by Namakwa Toere asook by Namaqualand Country Lodge.  ‘n Bekwame jong man wat alreeds op ‘n jong ouderdom as toergids geregistreer het.  Passievol vir die natuur en vir die werk wat hy doen.  Moet asseblief nie mislei word deur die jong ouderdom van hierdie toergids wat al menigte mens meer geleer het van blomme, die natuur en ons streek as wat mense in 10 jaar geleer het wat per motor na Namakwaland gereis het.  Mike het ook ‘n DVD gemaak “Reis deur Namakwalandse blommeprag met volksname  wat alreeds ‘n topverkoper is.
Innes (Jnr) – Seun :                 -
Sluit by Namakwa Toere en Namaqualand Country Lodge aan na matriek. Baie geleer die afgelope jare by pa en broer gedurende toere wat hy saam onderneem het. Hy het ook ‘n pragtige stem wat nie skaam is om te sing nie.  Is baie positief en vol self-vertroue dat hy deel gaan wees van ‘n baie goeie toerbesigheid waar elke voornemende toerlid graag hierdie streek saam met Namakwa Toere sal wil besoek.
Santa – Dogter :      
Tans in matriek en al klaar ‘n aanwins vir die toer- en hotel bedryf.  Werk gedurende vakansies en naweke saam met ma in die kantoor en hotel.  Dit is hier waar ons kinders ondervinding opdoen wat aan hulle ‘n belowende toekoms bied. 
Morné – Jongste seun :
In graad 8, maar alreeds ‘n toergids in wording.  Gaan graag saam met ons op toer en leer meer van die natuur wat hy nie op enige ander manier sal leer nie.