|
Wie is Namakwa Toere?
•
Ons is `n familie besigheid wat uit
ouers en kinders bestaan
•
Ons is in die toerbedryf sedert 1985, en
in die hotelbesigheid vanaf 1987. Ons het in 1993 verhuis vanaf Pretoria en het
ons kom vestig in Namakwaland.
Wat doen Namakwa Toere
anders?
•
Ons is nou Namakwalanders en ken ons
streek. Ons doen slegs toere na ons eie streek.
•
Ons is `n familiebesigheid en is self
die toergidse. Ons geregistreerde toergidse het `n passie vir hul werk
en ons verseker u van die beste, vriendelikste, hulpvaardigste en bekwame
toergidse!
•
Uit ondervinding weet ons dat daar
toerlede is met verskillende behoeftes en daarom doen ons moeite om elke
bespreking persoonlik te hanteer.
Waar bly Namakwa Toere
wanneer hulle toer?
•
Namakwa Toere het `n voordeel bo ander
toeroperateurs wat na Namakwaland toer omdat ons hotel in Vanrhynsdorp
(Namaqualand Country Lodge) so sentraal geleë is. Dit stel ons in staat om elke
aand wat ons in Namakwaland is daar tuis te gaan en vandaar elke dag uitgaan in
die verskillende rigtings. Dit is baie gemakliker vir toerlede aangesien hulle
nie nodig het om so baie in en uit te pak nie en ons kan self ook verseker dat
toerlede die beste diens en weglê-etes geniet.
•
Wanneer ons in Namakwaland is, slaap ons
by Namaqualand
Country Lodge. Ons hotel se 45 kamers almal op grondvlak is en privaat
badkamers het, is ons busse ongelukkig nie ingerig vir rolstoele nie. Omdat ons
slegs op 1 plek tuis gaan, het ons nie nodig om „n gejaagde reisprogram te hê
nie. Ons busbestuurders is nie onder druk nie. As jy saam met ons gaan toer, is
jy met vakansie.
•
Ons aandetes en ontbyt by Namaqualand
Country Lodge is groot etes. Ons hotel is bekend vir sy weglê-etes en ons naam
loop ons vooruit daarvoor, een van Namakwa Toere se sterkste punte.
Waarmee ry Namakwa
Toere wanneer hulle toer?
•
Namakwa Toere toer slegs met luukse
busse, die tipe busse waarmee hoofsaaklik buitelandse toeriste vervoer word of
met `n luukse mini-bus.
•
Vergewis uself van sekere noodsaaklike
aspekte van ‘n “luukse bus”.
1. Gemaklike terugleun-sitplekke –
dit is belangrik aangesien toerlede die meeste tyd van die toer in die bus
deurbring.
2. Lugreëling – Maak seker
dat die luukse bus wel hieroor beskik aangesien dit baie nodig kan raak in ons
streek, veral in die warm somermaande.
3. Busbestuurder - Dit is
die belangrikste van ‘n suksesvolle toer. ‘n Betroubare
busbestuurder wat nie gejaag of onder druk geplaas word nie is absoluut
noodsaaklik.
Indien die toergids sien dat die
toergroep laat by die hotel gaan arriveer as gevolg van baie stoppe vir
besienswaardighede, laat weet die toergids die hotel en alles word rondom
hierdie reëling aangepas. Dit is die groot voordeel wat Namakwa Toere het om in
hulle eie hotel te oornag.
Wie beheer Namakwa
Toere se daagliks program?
•
Ons eie toergidse sal elke dag in beheer
wees van die toerprogram. Ons is geregistreerde toergidse vir al
die streke wat ons besoek.
Wat sluit Namakwa Toere
se toer prys alles in?
•
Verblyf : Alle verblyf kostes
is ingesluit by toerpryse.
•
Etes : 2 etes per dag is
ingesluit by toerprys, behalwe dag 1 (slegs aandete) en dag 7 (slegs ontbyt).
•
Vervoer gedurende die toer per
luukse bus of luukse minibus met gemaklike terug leun sitplekke asook
lugversorging.
•
Geregistreerde Toergids :
Ons is self die toergidse op die bus en ken ons streek baie goed.
•
Geen Toegangsfooie : Geen toegangsfooie is ingeluit by toerprys.
Wat sluit die toerprys
nie in nie?
•
Middagetes : Middagetes is nie
ingesluit by toerprys, maar die kers-ete by Muisbosskerm is wel ingesluit!
•
Toegangsfooie : Tafelberg kabelspoor - R195.00pp
Clanwilliam
museum - R10.00pp
Gifberg
- R30.00pp
Lambertsbaai
voëleiland - R30.00pp
Stadsaal
grotte - R30pp
Hoe kan Namakwa Toere
help met vervoer reëlings?
•
Indien u per trein of vliegtui van
Johannesburg of Durban na Kaapstad wil reis, kan ons vir u help met hierdie
reëlings. Vir hierdie diens vra ons R100.00 per persoon.
• Indien
u die oggend wat die toer vanaf Kaapstad vertrek wil invlieg, moet dit
voorafmet ons gereël word.
Is daar akkommodasie
beskikbaar indien ek voor die tyd moet arriveer in Kaapstad?
•
Toerlede wat vroeër of langer in
Kaapstad wil vertoef, kan geakkommodeer word. Ons het spesiale tariewe beding
by twee verskillende hotelle in Kaapstad waar ons toer vertrek en eindig.
Hierdie tarief is slegs geldig indien ons die bespreking vir u doen.
•
Kontak ons vir die tariewe vir die
volgende akkommodasie opsies :
1. Fountains Hotel in Kaapstad
2. Hotel by lughawe – Road Lodge Airport
Ons beveel aan dat u
van hierdie aanbod gebruik maak en die vorige dag alreeds in Kaapstad arriveer
en tuisgaan by een van hierdie hotelle indien u nie familie of vriende in Kaapstad
het nie. Hierdie spesiale aanbod van die hotel is ook beskikbaar indien u
langer as een dag wil oorbly en Kaapstad verken voor die toer begin of nadat
die toer geëindig het.
Is daar vervoer
beskikbaar indien ek per vliegtuig/trein in Kaapstad arriveer, na die hotel?
•
Indien u in Kaapstad arriveer voor die
aanvang van u toer, of nadat die toer geëindig het, en vervoer benodig om by u
hotel te kom, kan ons u ook hiermee behulpsaam wees.
•
Kontak ons vir die tariewe wat die
onderskeie vervoer-operateurs vra vir vervoer soos volg :
1. Vervoer tussen lughawe of stasie na
Fountains Hotel in Kaapstad.
2. Vervoer tussen lughawe of stasie na
Road Lodge Airport.
Wat gebeur as Namakwa
Toere die toer kanselleer?
•
Namakwa Toere onderneem
om sover dit moontlik is geen toer te kanselleer nie. Ons het nog nooit nodig
gehad om ‘n toer te kanselleer nie. Indien dit ooit sou gebeur dat ons ‘n toer moet
kanselleer, sal ons u gelde wat u alreeds betaal het, binne 24 uur
terugbetaal met 10% rente per jaar.
•
Die rede waarom ons hierdie voorwaarde
onder u aandag wil bring, is aangesien ons jaarliks ondervind dat toeriste by
ander toer operateurs bespreek, gelde betaal en dan word die toer later
gekanselleer. Die toeriste moet sukkel om hulle gelde terug te kry en ons het
al gevalle gehad waar mense al hulle gelde by hierdie toer operateurs verloor
het.
•
In baie gevalle het die toeriste alreeds
vlieg reëlings getref, (hierdie gelde word nie deur die lugrederye terugbetaal
na kansellasie nie). Ons het al in die verlede van hierdie toeriste tegemoet
gekom en hulle op ons toere geneem, maar daar was kostes van verandering van
vlieg reëlings wat hierdie toeriste aan die lugrederye moes oorbetaal.
•
Dit is jammer, maar vanjaar noem ons
hierdie punte, want daar is geen reëls in die toerbedryf nie. Ons sien jaarliks
hoe toerlede ingedoen word en selfs al hulle geld verloor omdat toer-operateurs
ondergaan en toere kanselleer waar toerlede sukkel om hulle gelde terug te kry.
Daar is selfs op die oomblik toer-operateurs wat al bankrot gespeel het waar
toerlede al hulle geld verloor het, en dan begin die persoon net weer ‘n nuwe
toerbesigheid onder ‘n nuwe naam en hulle gee ons bedryf ‘n baie slegte naam.
Hoe bespreek ek ‘n toer
by Namakwa Toere?
•
Wanneer u besluit het om op een van ons
toere te bespreek, vul die besprekings vorm in. Faks of epos die vorm dan vir
ons kantoor. Die nodige sal dan deur ons gedoen word (hotel- en vlieg
besprekings indien u dit so aangedui het). U sal ‘n toerverwysings-nommer en
Namakwa Toere se bank-besonderhede ontvang. Hierdie toerverwysings-nommer moet
op u deposito strokie aangetoon word. Hierdie toerverwysingsnommer moet ook
op alle korrespondensie gebruik word vir die toer wat u bespreek het.
•
Ons verskaf nie bank besonderhede sonder
‘n besprekingsvorm nie. Die enigste rede hiervoor is dat toerlede in die
verlede gelde inbetaal sonder dat hulle ‘n toer verwysings- nommer ontvang het,
en dat hulle nie ‘n bespreking per faks of epos gedoen het nie. Dit het al
gebeur dat voornemende toerlede gelde inbetaal het, maar dat daardie spesifieke
toer alreeds vol bespreek was.
Wanneer is die toer
gelde betaalbaar?
•
Deposito van R2 000.00 per
toerlid is betaalbaar nadat u ‘n toerverwysings-nommer ontvang het met u
bespreking.
•
Balans is betaalbaar 30 dae
voor u toer se vertrekdatum.
Wat maak Namakwa Toere
so suksesvol?
•
Afgesien van die familie besigheid, die
beste reisprogram en die luuksste busvervoer, die hotel akkommodasie en die
weglê-etes, is ons positief omtrent ons streek en oor toerisme.
•
Dit is baie maklik om ‘n bus vol
toerlede te kry, maar om van hierdie toerlede te kry om weer saam met jou te
toer, dit is waar die geheim lê. Namakwa Toere kry dit jaar na jaar reg om
vorige toerlede te kry om weer en weer saam te toer aangesien ons elke jaar ons
reisprogram aanpas.
•
Laastens, en beslis die heel
belangrikste : Elkeen wat werksaam is by Namakwa Toere, en Namaqualand Country
Lodge, en dit sluit alle personeel in, erken dat ons Christene is en dat ons
erken ons Hemelse Vader as die Skepper van hierdie wonderwerk in Namakwaland.
Ons begin elke oggend voor ons ry met ‘n
gebed, en vertrou die Here vir ‘n veilige en sielsverrykende toer.
Vriendelike
Blomme en Berge groete
Namakwa Toere Span
Innes(Snr), Jenny, Mike &
Innes(Jnr) Spies
|