|
Hoekom saam
met Namakwa Toere gaan toer?
Wat doen Namakwa Toere
anders?
•
Ons is Namakwalanders en ken ons streek.
Ons doen slegs toere na ons eie streek.
•
Ons is `n familiebesigheid en is self
die toergidse. Ons toergidse het `n passie vir hul werk en ons verseker
u van die beste, vriendelikste, hulpvaardigste en bekwame toergidse!
•
Uit ondervinding weet ons dat daar
toerlede is met verskillende behoeftes en daarom doen ons moeite om elke
bespreking persoonlik te hanteer.
Waar bly Namakwa Toere
wanneer hulle toer?
•
Namakwa Toere het `n voordeel bo ander
toeroperateurs wat na Namakwaland toer omdat ons hotel in Vanrhynsdorp
(Namaqualand Country Lodge) so sentraal geleë is. Dit stel ons in staat om elke
aand wat ons in Namakwaland is daar tuis te gaan en vandaar elke dag uitgaan in
die verskillende rigtings. Dit is baie gemakliker vir toerlede aangesien hulle
nie nodig het om so baie in en uit te pak nie en ons kan self ook verseker dat
toerlede die beste diens en weglê-etes geniet.
•
Wanneer ons in Namakwaland is, slaap ons
by Namaqualand
Country Lodge. Ons hotel se 45 kamers almal op grondvlak is en privaat
badkamers het, is ons busse ongelukkig nie ingerig vir rolstoele nie. Omdat ons
slegs op 1 plek tuis gaan, het ons nie nodig om „n gejaagde reisprogram te hê
nie. Ons busbestuurders is nie onder druk nie. As jy saam met ons gaan toer, is
jy met vakansie.
•
Ons aandetes en ontbyt by Namaqualand
Country Lodge is buffet-etes. Ons verseker u ons het 'n baie groot
verskeidenheid van vleis, groentes, slaaie en nageregte. Ons hotel is bekend
vir sy weglê-etes en ons naam loop ons vooruit daarvoor, een van Namakwa Toere
se sterkste punte.
•
Indien die toergids sien dat die
toergroep laat by die hotel gaan arriveer as gevolg van baie stoppe vir blomme,
besienswaardighede en inligting, laat weet die toergids die hotel en alles word
rondom hierdie reëling aangepas. Dit is die groot voordeel wat Namakwa Toere
het om in hulle eie hotel te oornag.
Waarmee ry Namakwa
Toere wanneer hulle toer?
•
Namakwa Toere toer slegs met luukse
busse, die tipe busse waarmee hoofsaaklik buitelandse toeriste vervoer word.
Wat sluit Namakwa Toere
se toer prys alles in?
•
Verblyf : Alle verblyf kostes
is ingesluit by toerpryse.
•
Etes : 2 etes per dag is
ingesluit, behalwe eerste en laaste dag van toer. Middagetes is uitgesluit.
•
Vervoer gedurende die toer per
luukse bus met gemaklike terug leun sitplekke, toilet asook lugversorging.
•
Geregistreerde Toergids :
Ons is self die toergidse op die bus en ken ons streek baie goed.
•
Toegangsfooie : Geen toegangsfooie is ingeluit by toerprys
Hoe kan Namakwa Toere
help met vervoer reëlings?
•
Indien u per trein of vliegtuig van
Johannesburg of Durban na Kaapstad wil reis, kan ons vir u help met hierdie
reëlings. Vir hierdie diens vra ons R100.00 per persoon.
•
Treinkostes beloop ongeveer die volgende
:
Premier Classe: -
Tariewe per persoon en per een rigting. Alle etes (3 goeie etes) en beddegoed
word ingeluit by hierdie tariewe. Johannesburg – Kaapstad ongeveer R2 210.00
(moontlike prysverhoging).
Is daar akkommodasie
beskikbaar indien ek voor die tyd moet arriveer in Kaapstad?
•
Toerlede wat vroeër of langer in
Kaapstad wil vertoef, kan geakkommodeer word. Ons het spesiale tariewe beding
by twee verskillende hotelle in Kaapstad waar ons toer vertrek en eindig.
Hierdie tarief is slegs geldig indien ons die bespreking vir u doen.
•
Kontak ons vir die tariewe vir die
volgende akkommodasie opsies :
1. Capetonian Hotel in Kaapstad
2. Hotel by lughawe – Road Lodge Airport
Ons beveel aan dat u
van hierdie aanbod gebruik maak en die vorige dag alreeds in Kaapstad arriveer
en tuisgaan by een van hierdie hotelle indien u nie familie of vriende in
Kaapstad het nie. Hierdie spesiale aanbod van die hotel is ook beskikbaar
indien u langer as een dag wil oorbly en Kaapstad verken voor die toer begin of
nadat die toer geëindig het.
Is daar vervoer
beskikbaar indien ek per vliegtuig/trein in Kaapstad arriveer, na die hotel?
•
Indien u in Kaapstad arriveer voor die
aanvang van u toer, of nadat die toer geëindig het, en vervoer benodig om by u
hotel te kom, kan ons u ook hiermee behulpsaam wees.
•
Kontak ons vir die tariewe wat die
onderskeie vervoer-operateurs vra vir vervoer soos volg :
1. Vervoer tussen lughawe of stasie na
Capetonian Hotel in Kaapstad.
2. Vervoer tussen lughawe of stasie na
Road Lodge Airport.
Wat gebeur as Namakwa
Toere die toer kanselleer?
•
Namakwa Toere onderneem
om sover dit moontlik is geen toer te kanselleer nie. Ons het nog nooit nodig
gehad om ‘n blommetoer te kanselleer nie. Indien dit ooit sou gebeur dat ons ‘n
toer moet kanselleer, sal ons u gelde wat u alreeds betaal het,
binne 24 uur terugbetaal met 10% rente per jaar.
Hoe bespreek ek ‘n toer
by Namakwa Toere?
•
Wanneer u besluit het om op een van ons
toere te bespreek, vul die besprekings vorm in. Faks of epos die vorm dan vir
ons kantoor. Die nodige sal dan deur ons gedoen word (hotel- en vlieg
besprekings indien u dit so aangedui het). U sal ‘n toerverwysings-nommer en
Namakwa Toere se bank-besonderhede ontvang. Hierdie toerverwysings-nommer moet
op u deposito strokie aangetoon word. Hierdie toerverwysingsnommer moet ook
op alle korrespondensie gebruik word vir die toer wat u bespreek het.
•
Ons verskaf nie bank besonderhede sonder
‘n besprekingsvorm nie. Die enigste rede hiervoor is dat toerlede in die
verlede gelde inbetaal sonder dat hulle ‘n toer verwysings- nommer ontvang het,
en dat hulle nie ‘n bespreking per faks of epos gedoen het nie. Dit het al
gebeur dat voornemende toerlede gelde inbetaal het, maar dat daardie spesifieke
toer alreeds vol bespreek was.
Wanneer is die toer
gelde betaalbaar?
•
Deposito van R2 000.00 per
toerlid is betaalbaar nadat u ‘n toerverwysings-nommer ontvang het met u
bespreking.
•
Balans is betaalbaar 30 dae
voor u toer se vertrekdatum.
Wat maak Namakwa Toere
so suksesvol?
•
Afgesien van die familie besigheid, die
beste reisprogram en die luuksste busvervoer, die hotel akkommodasie en die
weglê-etes, is ons positief omtrent ons streek en oor toerisme.
•
Dit is baie maklik om ‘n bus vol
toerlede te kry, maar om van hierdie toerlede te kry om weer saam met jou te
toer, dit is waar die geheim lê. Namakwa Toere kry dit jaar na jaar reg om
vorige toerlede te kry om weer en weer saam te toer aangesien ons elke jaar ons
reisprogram aanpas.
•
Laastens, en beslis die heel
belangrikste : Elkeen wat werksaam is by Namakwa Toere, en Namaqualand Country
Lodge, en dit sluit alle personeel in, erken dat ons Christene is en dat ons
erken ons Hemelse Vader as die Skepper van hierdie wonderwerk in Namakwaland.
Ons begin elke oggend voor ons ry met ‘n
gebed, en vertrou die Here vir ‘n veilige en sielsverrykende toer.
Baie belangrik om te
onthou wanneer iemand blomme wil kom kyk. Namakwaland bestaan uit 5 streke:
1. Richtersveld -
In die Noord Westelike deel van Namakwaland en is ‘n bergwoestyn en is
verkieslik met ‘n 4x4 voertuig begaanbaar
2. Namakwalandse
Klipkoppe - Hierdie deel lê net suid van die Richtersveld en is baie
bergagtig met geweldige groot graniet berge. Beslis ‘n streek wat nie uitgelaat
mag word nie. Besoek hierdie streek verkieslik voor die tweede helfte van
September, aangesien dit warm kan word in hierdie streek
3.
Hardeveld -
Net suid van die Namakwalandse klipkoppe en is heuwelagtig met ‘n baie harde
ondergrond
4. Knersvlakte
-
Suid van die Hardeveld en grens aan die Bokkeveldberge in die ooste, en het die
laagste reënval in die streek maar spog met baie indemiese plante, maar veral
dwerg-vetplante en insekte
5. Namakwalandse Kusvlakte - Langs
die kus vir ongeveer 50km binneland. Staan ook bekend as Namakwaland se
ongerepte Weskus en strek van die Oranjerivier-mond tot by die
Olifantsriviermond.
Ons by Namakwa Toere weet dat jy nie
blomme kyk slegs om een van hierdie streke te besoek nie. Ons besoek 4 van
hierdie 5 streke, die enigste streek wat ons nie besoek nie is die
Richtersveld. Ons ry baie kilometers en probeer vir ons toerlede die beste waarde
vir geld te gee, en dit is waarom ons susksesvol is. Ons kry jaarliks dieselfde
toerlede terug. Baie sê hulle kom terug vir ons gasvryheid en ander sê hulle
kom terug vir die weglê-etes en die superluukse busvervoer.
Ander streke wat ons
besoek:
1. Boesmanland - In
die Nieuwoudtville omgewing wat dan ook bekend staan as die hoofstad van
bolplante in die wêreld.
2. Swartland
- Hierdie
streek se naam is nou ‘n bietjie misleidend aangesien die Swartland in Augustus
en September maand pragtig groen is en spog met die mooiste geel plate canola
blomme, dit is dan ook die mooiste maande om hierdie streek te besoek
3. Olifantsriviervallei
- Hierdie
streek spog met die grootste wynkelder in die Suidelike halfrond! En dit is ‘n
baie interessante streek om te besoek met sy baie ryk geskiedenis en
kanaalstelsel.
4. Weskus
- Hierdie
ongerepte natuurskoonheid van die Weskus betower altyd toeriste.
Dit is baie belangrik en altemit noodsaaklik om soveel
streke in Namakwaland te besoek as wat dit moontlik is. Daarom is ons baie
bevoorreg om in Namakwaland te woon en van hier ons toere te beplan en te doen,
dit is hoekom ons presies weet waar om blomme te gaan kyk. Ons weet ook wat
aangaan in ons streek en wanneer dit reën, en hoe dit in elke streek lyk, want
ons is in kontak met mense in die verskeie dele van Namakwaland. Ons maak seker
dat ons vir elke blommekyker net die mooiste blomme en beste besienswaardighede
van die streek wys en vir die beste bekostigbare toerprys. Dit is belangrik dat
u moet weet dat dit ons reënseisoen is en indien u beplan het om elke aand op
`n ander dorp te slaap en u moet van die spesifieke dorp na die volgende dorp
ry en dit reën, u op daardie spesifieke dag geen blomme kan sien nie as gevolg
van die onweer wat saam met u trek. Dit is hoekom ons die reg voorbehou om ons
dag tot dag se reisprogram te kan omruil om by die weer aan te pas.
Vriendelike
Blomme en Berge groete
Namakwa Toere Span
Innes(Snr), Jenny, Mike &
Innes(Jnr) Spies
|