Streke wat ons besoek:

4 Dag Namakwalandse Blommetoer vanaf Kaapstad

Boesmanland
Knersvlakte
Kaapstad
 

CPT1

R5 000 pp wat deel - R6 000 pp enkel akkommodasie

**R500 pp afslag vir alle besprekings voor 29 Februarie 2012**

Kliek hier om die Besprekingsvorm Af te Laai

Toer nommer:

Toer datum:

CPT1/1

9 - 12 Augustus 2012

CPT1/2

18 - 21 Augustus 2012 - Enkel Lopende Toer (GEEN GETROUDE PARE)
TARIEF PP WAT DEEL

CPT1/3

22 - 25 Augustus 2012

CPT1/4

26 - 29 Augustus 2012 - Enkel Lopende Toer (GEEN GETROUDE PARE)
TARIEF PP WAT DEEL

CPT1/5

4 - 7 September 2012

CPT1/6

8 - 11 September 2012

DAG 1


Vertrek

Om 08:00 vanaf Capetonian Hotel in Kaapstad, om 08:45 vanaf Road Lodge Airport en  om 09:30 vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe vir vlugte wat voor 09:00 arriveer

Vandag se roete

Bloubergstrand, Atlantis, Mamre, Darling, Langebaan, Velddrift, Port Owen, Laaiplek, Dwarskersbos, Elandsbaai, Leipoldtville, Graafwater, Clanwilliam, Trawal, Klawer
Evita se Peron, Club Mykonos, bokkom-hoofstad, Walvisse(op `n goeie dag)

Oornag

Namaqualand Country Lodge - Vanrhynsdorp

Etes

Groot Buffet Aandete

Dag 2


Vertrek

Vanaf Namaqualand Country Lodge - Vanrhynsdorp

Vandag se roete

Knersvlakte, Hardeveld, Nuwerus, Bitterfontein, Garies, Kamieskroon, Springbok, Nababeep, Okiep, Concordia, Namakwalandse Klipkoppe
Dwerg-vetplantjies, kleinste titelakte in SA, Spookdorpie, geweerlope as stutpaaltjies, outydse kopermyn dorpies, skeeps-enjin vir elektrisiteit, unieke klipblomme en vele meer!

Oornag

Namaqualand Country Lodge - Vanrhynsdorp

Etes

Buffet Ontbyt, Buffet Aandete

Dag 3


Vertrek

Vanaf Namaqualand Country Lodge - Vanrhynsdorp

Vandag se roete

Vanrhynsdorp, Knersvlakte, Bokkeveld, Nieuwoudtville, Boesmanland
Vetplantkwekery, Vanrhynspas, Sandsteen kerkgebou met geskiedenis, bolplant hoofstad van die wêreld, kokerboom woud, Nieuwoudtville waterval, gletserspore van ystydperk, plate blomme in goeie blomjare

Oornag

Namaqualand Country Lodge - Vanrhynsdorp

Etes

Buffet Ontbyt, Buffet Aandete

Dag 4


Vertrek

Vanaf Namaqualand Country Lodge - Vanrhynsdorp

Vandag se roete

Clanwilliam, Citrusdal, Olifantsriviervallei, Swartland, Piketberg, Moorreesburg, Malmesbury, Boland
Rooibostee, Pakhuisberge, C. Louis Leipoldt se graf, Hantam Berge, Rotsformasies, Piekenierskloofpas

Toer eindig

Toerlede sal by Capetonian Hotel in Kaapstad, Road Lodge Airport en by Kaapstad Internasionale Lughawe afgelaai word

Etes

Buffet-Ontbyt

Hoekom saam met Namakwa Toere gaan toer?

 Hoekom saam met Namakwa Toere gaan toer?

Wat doen Namakwa Toere anders?

           Ons is Namakwalanders en ken ons streek. Ons doen slegs toere na ons eie streek.

           Ons is `n familiebesigheid en is self die toergidse. Ons toergidse het `n passie vir hul werk en ons verseker u van die beste, vriendelikste, hulpvaardigste en bekwame toergidse!

           Uit ondervinding weet ons dat daar toerlede is met verskillende behoeftes en daarom doen ons moeite om elke bespreking persoonlik te hanteer.

 

Waar bly Namakwa Toere wanneer hulle toer?

           Namakwa Toere het `n voordeel bo ander toeroperateurs wat na Namakwaland toer omdat ons hotel in Vanrhynsdorp (Namaqualand Country Lodge) so sentraal geleë is. Dit stel ons in staat om elke aand wat ons in Namakwaland is daar tuis te gaan en vandaar elke dag uitgaan in die verskillende rigtings. Dit is baie gemakliker vir toerlede aangesien hulle nie nodig het om so baie in en uit te pak nie en ons kan self ook verseker dat toerlede die beste diens en weglê-etes geniet.

           Wanneer ons in Namakwaland is, slaap ons by Namaqualand Country Lodge. Ons hotel se 45 kamers almal op grondvlak is en privaat badkamers het, is ons busse ongelukkig nie ingerig vir rolstoele nie. Omdat ons slegs op 1 plek tuis gaan, het ons nie nodig om „n gejaagde reisprogram te hê nie. Ons busbestuurders is nie onder druk nie. As jy saam met ons gaan toer, is jy met vakansie.

                     Ons aandetes en ontbyt by Namaqualand Country Lodge is buffet-etes. Ons verseker u ons het 'n baie groot verskeidenheid van vleis, groentes, slaaie en nageregte. Ons hotel is bekend vir sy weglê-etes en ons naam loop ons vooruit daarvoor, een van Namakwa Toere se sterkste punte.

                     Indien die toergids sien dat die toergroep laat by die hotel gaan arriveer as gevolg van baie stoppe vir blomme, besienswaardighede en inligting, laat weet die toergids die hotel en alles word rondom hierdie reëling aangepas. Dit is die groot voordeel wat Namakwa Toere het om in hulle eie hotel te oornag.

 

Waarmee ry Namakwa Toere wanneer hulle toer?

           Namakwa Toere toer slegs met luukse busse, die tipe busse waarmee hoofsaaklik buitelandse toeriste vervoer word.

 

Wat sluit Namakwa Toere se toer prys alles in?

           Verblyf : Alle verblyf kostes is ingesluit by toerpryse.

           Etes : 2 etes per dag is ingesluit, behalwe eerste en laaste dag van toer. Middagetes is uitgesluit.

           Vervoer gedurende die toer per luukse bus met gemaklike terug leun sitplekke, toilet asook lugversorging.

           Geregistreerde Toergids : Ons is self die toergidse op die bus en ken ons streek baie goed.

           Toegangsfooie :  Geen toegangsfooie is ingeluit by toerprys

 

Hoe kan Namakwa Toere help met vervoer reëlings?

           Indien u per trein of vliegtuig van Johannesburg of Durban na Kaapstad wil reis, kan ons vir u help met hierdie reëlings. Vir hierdie diens vra ons R100.00 per persoon.

           Treinkostes beloop ongeveer die volgende :

 

Premier Classe: - Tariewe per persoon en per een rigting. Alle etes (3 goeie etes) en beddegoed word ingeluit by hierdie tariewe. Johannesburg – Kaapstad ongeveer R2 210.00 (moontlike prysverhoging).

 

Is daar akkommodasie beskikbaar indien ek voor die tyd moet arriveer in Kaapstad?

           Toerlede wat vroeër of langer in Kaapstad wil vertoef, kan geakkommodeer word. Ons het spesiale tariewe beding by twee verskillende hotelle in Kaapstad waar ons toer vertrek en eindig. Hierdie tarief is slegs geldig indien ons die bespreking vir u doen.

           Kontak ons vir die tariewe vir die volgende akkommodasie opsies :

1. Capetonian Hotel in Kaapstad

2. Hotel by lughawe – Road Lodge Airport

 

Ons beveel aan dat u van hierdie aanbod gebruik maak en die vorige dag alreeds in Kaapstad arriveer en tuisgaan by een van hierdie hotelle indien u nie familie of vriende in Kaapstad het nie. Hierdie spesiale aanbod van die hotel is ook beskikbaar indien u langer as een dag wil oorbly en Kaapstad verken voor die toer begin of nadat die toer geëindig het.

 

 

Is daar vervoer beskikbaar indien ek per vliegtuig/trein in Kaapstad arriveer, na die hotel?

           Indien u in Kaapstad arriveer voor die aanvang van u toer, of nadat die toer geëindig het, en vervoer benodig om by u hotel te kom, kan ons u ook hiermee behulpsaam wees.

           Kontak ons vir die tariewe wat die onderskeie vervoer-operateurs vra vir vervoer soos volg :

1. Vervoer tussen lughawe of stasie na Capetonian Hotel in Kaapstad.

2. Vervoer tussen lughawe of stasie na Road Lodge Airport.

 

Wat gebeur as Namakwa Toere die toer kanselleer?

           Namakwa Toere onderneem om sover dit moontlik is geen toer te kanselleer nie. Ons het nog nooit nodig gehad om ‘n blommetoer te kanselleer nie. Indien dit ooit sou gebeur dat ons ‘n toer moet kanselleer, sal ons u gelde wat u alreeds betaal het, binne 24 uur terugbetaal met 10% rente per jaar.

 

Hoe bespreek ek ‘n toer by Namakwa Toere?

           Wanneer u besluit het om op een van ons toere te bespreek, vul die besprekings vorm in. Faks of epos die vorm dan vir ons kantoor. Die nodige sal dan deur ons gedoen word (hotel- en vlieg besprekings indien u dit so aangedui het). U sal ‘n toerverwysings-nommer en Namakwa Toere se bank-besonderhede ontvang. Hierdie toerverwysings-nommer moet op u deposito strokie aangetoon word. Hierdie toerverwysingsnommer moet ook op alle korrespondensie gebruik word vir die toer wat u bespreek het.

           Ons verskaf nie bank besonderhede sonder ‘n besprekingsvorm nie. Die enigste rede hiervoor is dat toerlede in die verlede gelde inbetaal sonder dat hulle ‘n toer verwysings- nommer ontvang het, en dat hulle nie ‘n bespreking per faks of epos gedoen het nie. Dit het al gebeur dat voornemende toerlede gelde inbetaal het, maar dat daardie spesifieke toer alreeds vol bespreek was.

 

Wanneer is die toer gelde betaalbaar?

           Deposito van R2 000.00 per toerlid is betaalbaar nadat u ‘n toerverwysings-nommer ontvang het met u bespreking.

           Balans is betaalbaar 30 dae voor u toer se vertrekdatum.

Wat maak Namakwa Toere so suksesvol?

           Afgesien van die familie besigheid, die beste reisprogram en die luuksste busvervoer, die hotel akkommodasie en die weglê-etes, is ons positief omtrent ons streek en oor toerisme.

           Dit is baie maklik om ‘n bus vol toerlede te kry, maar om van hierdie toerlede te kry om weer saam met jou te toer, dit is waar die geheim lê. Namakwa Toere kry dit jaar na jaar reg om vorige toerlede te kry om weer en weer saam te toer aangesien ons elke jaar ons reisprogram aanpas.

           Laastens, en beslis die heel belangrikste : Elkeen wat werksaam is by Namakwa Toere, en Namaqualand Country Lodge, en dit sluit alle personeel in, erken dat ons Christene is en dat ons erken ons Hemelse Vader as die Skepper van hierdie wonderwerk in Namakwaland.

 

Ons begin elke oggend voor ons ry met ‘n gebed, en vertrou die Here vir ‘n veilige en sielsverrykende toer.

Baie belangrik om te onthou wanneer iemand blomme wil kom kyk. Namakwaland bestaan uit 5 streke:

1.       Richtersveld - In die Noord Westelike deel van Namakwaland en is ‘n bergwoestyn en is verkieslik met ‘n 4x4 voertuig begaanbaar

2.      Namakwalandse Klipkoppe - Hierdie deel lê net suid van die Richtersveld en is baie bergagtig met geweldige groot graniet berge. Beslis ‘n streek wat nie uitgelaat mag word nie. Besoek hierdie streek verkieslik voor die tweede helfte van September, aangesien dit warm kan word in hierdie streek

3.      Hardeveld - Net suid van die Namakwalandse klipkoppe en is heuwelagtig met ‘n baie harde ondergrond

4.      Knersvlakte - Suid van die Hardeveld en grens aan die Bokkeveldberge in die ooste, en het die laagste reënval in die streek maar spog met baie indemiese plante, maar veral dwerg-vetplante en insekte

5.      Namakwalandse Kusvlakte - Langs die kus vir ongeveer 50km binneland. Staan ook bekend as Namakwaland se ongerepte Weskus en strek van die Oranjerivier-mond tot by die Olifantsriviermond.

 

Ons by Namakwa Toere weet dat jy nie blomme kyk slegs om een van hierdie streke te besoek nie. Ons besoek 4 van hierdie 5 streke, die enigste streek wat ons nie besoek nie is die Richtersveld. Ons ry baie kilometers en probeer vir ons toerlede die beste waarde vir geld te gee, en dit is waarom ons susksesvol is. Ons kry jaarliks dieselfde toerlede terug. Baie sê hulle kom terug vir ons gasvryheid en ander sê hulle kom terug vir die weglê-etes en die superluukse busvervoer.

Ander streke wat ons besoek:

1.      Boesmanland - In die Nieuwoudtville omgewing wat dan ook bekend staan as die hoofstad van bolplante in die wêreld.

2.      Swartland - Hierdie streek se naam is nou ‘n bietjie misleidend aangesien die Swartland in Augustus en September maand pragtig groen is en spog met die mooiste geel plate canola blomme, dit is dan ook die mooiste maande om hierdie streek te besoek

3.      Olifantsriviervallei - Hierdie streek spog met die grootste wynkelder in die Suidelike halfrond! En dit is ‘n baie interessante streek om te besoek met sy baie ryk geskiedenis en kanaalstelsel.

4.      Weskus - Hierdie ongerepte natuurskoonheid van die Weskus betower altyd toeriste.

 

Dit is baie belangrik en altemit noodsaaklik om soveel streke in Namakwaland te besoek as wat dit moontlik is. Daarom is ons baie bevoorreg om in Namakwaland te woon en van hier ons toere te beplan en te doen, dit is hoekom ons presies weet waar om blomme te gaan kyk. Ons weet ook wat aangaan in ons streek en wanneer dit reën, en hoe dit in elke streek lyk, want ons is in kontak met mense in die verskeie dele van Namakwaland. Ons maak seker dat ons vir elke blommekyker net die mooiste blomme en beste besienswaardighede van die streek wys en vir die beste bekostigbare toerprys. Dit is belangrik dat u moet weet dat dit ons reënseisoen is en indien u beplan het om elke aand op `n ander dorp te slaap en u moet van die spesifieke dorp na die volgende dorp ry en dit reën, u op daardie spesifieke dag geen blomme kan sien nie as gevolg van die onweer wat saam met u trek. Dit is hoekom ons die reg voorbehou om ons dag tot dag se reisprogram te kan omruil om by die weer aan te pas.

 

 

Vriendelike Blomme en Berge groete

 

 

 

Namakwa Toere Span

Innes(Snr), Jenny, Mike & Innes(Jnr) Spies

Olifantsriviervallei Weskus Sederberge Olifantsriviervallei