Streke wat ons besoek:
 

SANDVELD

Die Sandveld is `n strook wat strek langs die Weskus van Namakwaland van sowat 30 km breed. Die Sandveld kry op sommige plekke `n gemiddelde reënval van so laag as 50 mm per jaar en op sommige ander plekke tot 150 mm per jaar, m.a.w. dit is `n onsettende droë streek.

Wat boerdery-aktiwiteite betref, is ekstensiewe kleinveeboerdery die vernaamste, maar die vis- en veral die kreefbedryf is van kardinale belang vir die streek. Die grootste bron van inkomste vir die Sandveld is egter uit die ontginning van diamante.