Streke wat ons besoek:

VERTREKPUNTE

Wat is die vertrek en terugkeer punte vir  Namakwa Toere  se toere?

  • Die 4 dag Kaapstad Namakwalandse blomme toere vertrek vanaf Kaapstad (Road Lodge Airport), 3 nagte in Vanrhynsdorp en vertrek die laaste dag terug na Kaapstad (Kaapstad Internasionale Lughawe, Road Lodge Airport).
  • Toerlede wat wil invlieg vanaf enige plek in die RSA of Namibië, sal ons by Namakwa Toere u help met die vlug reëlings – vir hierdie diens vra ons R100.00 per persoon.  Die lugredery se kostes word deur u direk in die lugredery se bankrekening betaal.  Daar is ook fasiliteit waar u die vliegkostes per kredietkaart kan betaal aan die lugredery.
  • Indien u per trein van Johannesburg na Kaapstad wil reis, kan ons vir u help met hierdie reëlings.  Vir hierdie diens vra ons R100.00 per persoon.  Ons doen slegs besprekings op die Premier- of die Blou Trein.  Namakwa Toere sal nie besprekings doen op die goedkoopste treinvervoer vanaf enige plek na Kaapstad nie. 
  • Treinkostes beloop ongeveer die volgende :

Shosholoza Meyl: -  Tariewe per persoon en per een rigting.  Geen etes of beddegoed word ingesluit by hierdie tariewe nie.  Beddegoed is teen ekstra kostes beskikbaar.  Etes word bedien teen ekstra kostes in die eetwa. Ons doen geen bespreking op hierdie trein nie.
Johannesburg – Kaapstad R350.00. Hierdie roete is ongeveer 24 uur en u slaap 1 nag op die trein.  Durban– Kaapstad R460.00.  Hierdie roete is ongeveer 48 uur.  U slaap dus 2 aande op die trein.
Premier Classe: -  Tariewe per persoon en per een rigting.  Alle etes (3 goeie etes) en beddegoed word ingeluit by hierdie tariewe.
Johannesburg – Kaapstad R1 500.00 – R1 900.00 Port Elizabeth – Kaapstad R1 100.00 – R1 350.00 Daar is nie Premier Classe trein vanaf Durban na Kaapstad nie.

  • Indien u vanaf Gauteng is, kan u gerus daaraan dink om met die vliegtuig of trein af te reis en dan weer met die vliegtuig of trein terug te reis.  Met ander woorde u reis met die trein af na Kaapstad, doen die toer en na die toer vertrek u terug na Gauteng per vliegtuig, of andersom.
  • Indien u met u motor van elders in Suid-Afrika na Kaapstad wil reis, kan u die motor by die lughawe parkeer.  Dit moet net met ons gereël word.
  • Indien u dieselfde aand wat die toer eindig, wil terug vertrek na u tuiste, moet u vlugte bespreek vanaf Kaapstad na 19h00.  Ons bus sal u by die lughawe aflaai sodat u in tyd sal wees vir u vlugte terug na u tuiste.  
  • Indien u moet invlieg na Kaapstad, moet dit ‘n dag voordat die toer vertrek, gedoen word.

Is daar akkommodasie beskikbaar indien ek voor die tyd moet arriveer in Kaapstad?

  • Toerlede wat vroeër of langer in Kaapstad wil vertoef, kan geakkommodeer word.  Ons het ‘n spesiale tarief beding by twee verskillende hotelle in Kaapstad waar ons toer vertrek en eindig.  Hierdie tarief is slegs geldig indien ons die bespreking vir u doen. 
  • Kontak ons vir die tariewe vir die volgende akkommodasie opsies :
    • Hotel by lughawe – Road Lodge Airport
  • Ons beveel aan dat u van hierdie aanbod gebruik maak en die vorige dag alreeds in Kaapstad arriveer en tuisgaan by hierdie hotel indien u nie familie of vriende in Kaapstad het nie.  Hierdie spesiale aanbod van die hotel is ook beskikbaar indien u langer as een dag wil oorbly en Kaapstad verken voor die toer begin of nadat die toer geëindig het.

Is daar vervoer beskikbaar indien ek per vliegtuig/trein in Kaapstad arriveer, na die hotel?

  • Indien u in Kaapstad arriveer voor die aanvang van u toer, of nadat die toer geëindig het, en vervoer benodig om by u hotel te kom, kan ons u ook hiermee behulpsaam wees.
  • Kontak ons vir die tariewe wat die onderskeie vervoer-operateurs vra vir vervoer soos volg :
    • Vervoer tussen lughawe of stasie na Road Lodge Airport.

Vriendelike Blomme  en Berge  groete

Namakwa Toere Span
Innes Spies
Jenny Spies
Mike Spies