Streke wat ons besoek:

Toerprys

Wat sluit Namakwa Toere se toer prys alles in?

  • Verblyf in Upington en Kimberley met ons Pretoria Namakwalandse blomme toere.  Dit sluit ook 5 nagte akkommodasie by Namaqualand Country Lodge in Vanrhynsdorp in.  Hierdie kamers het ook privaat badkamer geriewe. 
  • Verblyf by Namaqualand Country Lodge vir elke aand van u toer vir die Kaapstad Namakwalandse blomme toere.
  • Alle kamers by Namaqualand Country Lodge, het ‘n privaat badkamer met ‘n ketel vir koffie/tee, bring gerus u eie drinkgoed saam of ‘n pakkie koffie/tee is te koop teen R7.00 per pakkie.
  • Gratis  koffie en tee is ten alle tye beskikbaar in die eetsaal vir diegene wat graag vroeg oggend of laataand ‘n koppie koffie/tee wil geniet.
  • Enkel akkommodasie vir die 8 dag Pretoria Namakwalandse blomme toere is slegs beskikbaar op aanvraag.  Indien daar wel enkel akkommodasie beskikbaar is, sal daar ‘n addisionele koste van R1 500.00 by u toer prys bygevoeg word.
  • Enkel akkommodasie  vir die 6 dag Kaapstad Namakwalandse blomme toere is slegs beskikbaar op aanvraag.  Indien daar wel enkel akkommodasie beskikbaar is, sal daar ‘n addisionele koste van R1 000.00 by u toer prys bygevoeg word. 
  • Etes :  Alle etes word by u toer prys ingesluit.
    • Die eerste dag van die toer se etes sal ‘n ligte middag- en ‘n buffet-aandete wees.
    • Die laaste dag van die toere vir die 6 dag Kaapstad Namakwalandse blomme toere, is ontbyt en buffet vis middagete (baie groot Weskus-Boesmanland ete). 
    • Die laaste dag van die 8 dag Pretoria Namakwalandse blomme toere, is ontbyt en ‘n middag ete ingesluit.
    • Die 8 dag Pretoria Namakwalandse blomme toere sal ook gedurende die toer ‘n vis middagete (baie groot Weskus ete) geniet.

 

    • Die etes gedurende die toer sluit in, groot buffet ontbyt en aandete asook ‘n ligte middagete.
    • Daar word ook gedurende die toer verversings aangebied.
  • Vervoer gedurende die toer per luukse bus met gemaklike terug leun sitplekke, toilet asook lugversorging.
  • Toegangsfooie by reservate, sowel as die vetplantkwekery is ingesluit.
  • Verhoging van toer prys:
    • Indien u bespreek het vir ‘n toer teen die huidige toer prys,  sal u toer prys dieselfde bly al is daar ‘n prysverhoging.  Dit is die beleid van Namakwa Toere. 
    • Indien u nog nie ‘n bespreking gedoen het nie en ons toer prys moet aangepas word, soos in 2008, sal hierdie nuwe toer prys vir alle nuwe besprekings  van krag wees.
    • Ons sal slegs die toer prys verhoog tensy daar ‘n goeie rede is soos bv. die verhoging in die brandstofprys gedurende 2008.
  • Afslag vir groepe van 10 en meer sal aangebied word.  Kontak ons gerus in hierdie verband.
  • Verskuilde kostes is nie in Namakwa Toere se woordeboek nie.  Ons het geen ekstra kostes wat betaalbaar is deur u nie.  U het net nodig om sakgeld saam te bring vir drankies saam met etes, vir fooitjies of indien u ‘n mooi geskenkie vir iemand spesiaal wil koop om terug te neem.  Ons gaan ook by ‘n wynkelder aandoen, waar u vir u van die Namakwalandse wyne kan aankoop om terug te neem om te geniet.  Die aankoop van dwerg vetplante is gewoonlik die gewildste onder ons toerlede.

Vriendelike Blomme  en Berge  groete

 

Namakwa Toere Span
Innes Spies
Jenny Spies
Mike Spies