Streke wat ons besoek:

HOE TOER NAMAKWA TOERE?

Wat doen Namakwa Toere anders?

  • Ons is in die toerbedryf sedert 1985, en in die hotelbesigheid  vanaf 1987.  Ons het verhuis vanaf Pretoria en het ons kom vestig in Namakwaland.
  • Ons is nou Namakwalanders en ken ons streek. Ons doen slegs toere na ons eie streek.
  • Ons is `n familiebesigheid en is self die toergidse. Ons toergidse het `n passie vir hul werk en ons verseker u van die beste, vriendelikste, hulpvaardigste en bekwame toergidse!
  • Uit ondervinding weet ons dat daar toerlede is met verskillende behoeftes en daarom doen ons moeite om elke bespreking persoonlik te hanteer.
  • Ons is geregistreerde toergidse. Indien u ooit in Suid-Afrika op `n toer gaan, vra vir jou toergids om sy toergids ID-kaart te toon. Op die agterkant sal dit aantoon of die gids wel geregistreer is vir die gebied waarin u toer. Ons kry elke jaar toer-operateurs wat toere na Namakwaland en ons streek onderneem en hulle maak nie gebruik van gidse wat geregistreer is vir ons streek nie. Daar is selfs gevalle waar gidse geheel en al glad nie geregistreer is nie. Dit is onwettig. Wees op die uitkyk daarvoor!  Rapporteer gerus sulke gevalle aan by die Toergids Registrasie Kantoor, Kaapstad tel.  021 483 2960.

Waar bly Namakwa Toere wanneer hulle toer?

  • Met die 8 dag Pretoria Namakwalandse blomme toere, slaap ons in Upington op die eerste dag van die toer, en op Kimberley met die teruggaan na Pretoria. 
  • Ons slaap in ons eie hotel, Namaqualand Country Lodge, te Vanrhynsdorp – die   hart van Namakwaland. 
  • Alhoewel ons hotel se 45 kamers almal op grondvlak is en privaat badkamers het, is ons ongelukkig nie ingerig vir rolstoele nie.  Omdat ons slegs op 1 plek tuis gaan, het ons nie nodig om ‘n gejaagde reisprogram te hê nie.  Ons busbestuurders is nie onder druk nie.  As jy saam met ons gaan toer, is jy eintlik met vakansie.
  • Ons aandetes en ontbyt by Namaqualand Country Lodge is buffet-etes. Ons verseker u ons het ‘n baie groot verskeidenheid van vleis, groentes, slaaie en nageregte.  Ons hotel is bekend vir sy weglê-etes.

Waarmee ry Namakwa Toere wanneer hulle toer?

  • Ons toer met die beste luukse busse wat op die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar is, waarmee hoofsaaklik buitelandse toeriste vervoer word.  Weereens is die busse luuks, maar is ongelukkig ook nie ingerig vir rolstoele nie.
  • Namakwa Toere vind dit onaanvaarbaar dat toeriste met ‘n 3de klas “luukse” bus moet toer om kostes te bespaar.
  • Vergewis uself van sekere noodsaaklike aspekte van ‘n “luukse bus”.
    • Gemaklike terugleun-sitplekke – dit is belangrik aangesien toerlede die meeste tyd van die toer in die bus spandeer, en om hierdie rede is ‘n goeie sitplek ‘n vereiste by Namakwa Toere.  As jy moeg raak, kan jy die sitplek terug leun en ‘n vinnige slapie inkry. Dit gebeur selde, want ons bied ‘n toer interessant en insiggewend aan.
    • Toilet – Hierdie aspek is ook een van die belangrikste aspekte waarna u moet oplet.  Vra u voornemende toer-organisasie hierna uit.  Die dorpe in ons streke is baie ver uitmekaar en dit is altyd nodig om ‘n toilet op die bus te hê vir u gerief en vir noodgevalle.
    • TV - DVD/Radio CD speler -  Daar is spesifieke tye op ‘n toer wat ons dvd’s van ons streek wys om die toer meer interessant aan te bied.
    • Lugreëling – Maak seker dat die luukse bus wel hieroor beskik aangesien dit baie nodig kan raak in ons streek.
    • Busbestuurder -  Dit is die belangrikste van ‘n suksesvolle toer.  Omdat Innes (Snr) self vir 10 jaar ‘n busbestuurder was vir sy toerbesigheid, weet hy dat ‘n busbestuurder nie onder druk geplaas moet word nie.  Dit maak dus by Namakwa Toere nie saak hoe laat die toergroep by hulle bestemming arriveer nie.  Hierdie voordeel wat Namakwa Toere het, gee dus vir die busbestuurder die gemoedsrus om nie te jaag van die een deel na die ander deel van die streek om op ‘n spesifieke tyd by die hotel aan te kom nie.  Ons geniet die dag ten volle in die streek. 

Indien die toergids sien dat die toergroep laat by die hotel gaan arriveer as gevolg van baie stoppe vir blomme, besienswaardighede en inligting, laat weet die toergids die hotel en alles word rondom hierdie reëling aangepas.  Dit is die groot voordeel wat Namakwa Toere het om in hulle eie hotel te oornag.

Wie beheer Namakwa Toere se daagliks program?

  • Ons eie toergidse sal elke dag in beheer wees van die toerprogram.  Ons is geregistreerde toergidse  vir die streke wat ons besoek. 
  • Aangesien ons die toergidse op die busse is, kan ons die dag tot dag program omruil om by die weersomstandighede aan te pas. Dit is ons reënseisoen gedurende Augustus en September.
  • Ons doen alles wat op ons reisprogram aangetoon word.  Wees versigtig vir toer-operateurs wat aantoon dat hulle plekke sal besoek “as daar blomme is” of “as die weer dit toelaat”.

Is Namakwa Toere die enigste toer-operateur  wat toere na Namakwaland onderneem?

  • Nee, ons wil nie hiermee te kenne gee dat u slegs met Namakwa Toere hierdie interessante streek moet besoek nie.  Daar is ongelukkig net ‘n paar ander toeroperateurs wat ook al jare gevestig en betroubaar is. 
  • Ons is wel die leiers op die gebied van Namakwalandse blommetoere en ons Weskus-Sederberge toere.
  • Doen navraag by ander toer-operateurs,  vra hulle uit.  Besoek die webtuiste van die spesifieke toer-operateur.  Vra vir verwysings na ander toerlede en vergewis uself van hoe lank doen hulle al besigheid in ons streek.
  • Vergelyk ons toer-program en toer prys met ander toer-operateurs.
  • Indien u enige twyfel het oor Namakwa Toere, kontak ons gerus.  Ons het al ‘n paar duisend mense na Namakwaland gebring en al talle Weskus-Sederberge toere onderneem. Ons kan vir u verwysings gee van toerlede wat al saam met ons getoer het of besoek ons webtuiste, daar is ook inligting in hierdie verband. 

Wat maak Namakwa Toere so suksesvol?

  • Afgesien van die familie besigheid, die beste reisprogram en die luuksste busvervoer, die hotel akkommodasie en die weglê-etes, is ons positief omtrent ons streek en oor toerisme.
  • Dit is baie maklik om ‘n bus vol toerlede te kry, maar om van hierdie toerlede te kry om weer saam met jou te toer, dit is waar die geheim lê.  Namakwa Toere  kry dit jaar na jaar reg om vorige toerlede te kry om weer en weer saam te toer aangesien ons elke jaar ons reisprogram aanpas.
  • Laastens, en beslis die heel belangrikste : Elkeen wat werksaam is by Namakwa Toere, en Namaqualand Country Lodge, en dit sluit alle personeel in, erken dat ons Christene is en dat ons erken ons Hemelse Vader as die Skepper van hierdie wonderwerk in Namakwaland. 

Ons begin elke oggend voor ons ry met ‘n kort gebed, en vertrou die Here vir ‘n veilige en sielsverrykende toer.

Vriendelike Blomme  en Berge  groete

Namakwa Toere Span
Innes Spies (Snr)
Jenny Spies
Mike Spies