BLOMME STREKE
Baie belangrik om te onthou wanneer iemand blomme wil kom kyk.
Namakwaland bestaan uit 5 streke:
- Richtersveld - In die Noord Westelike deel van Namakwaland en is ‘n bergwoestyn en is verkieslik met ‘n 4x4 voertuig begaanbaar
- Namakwalandse Klipkoppe - Hierdie deel lê net suid van die Richtersveld en is baie bergagtig met geweldige groot graniet berge. Beslis ‘n streek wat nie uitgelaat mag word nie. Besoek hierdie streek verkieslik voor die tweede helfte van September, aangesien dit warm kan word in hierdie streek
- Hardeveld - Net suid van die Namakwalandse klipkoppe en is heuwelagtig met ‘n baie harde ondergrond
- Knersvlakte - Suid van die Hardeveld en grens aan die Bokkeveldberge in die ooste, en het die laagste reënval in die streek maar spog met baie indemiese plante, maar veral dwerg-vetplante en insekte
- Sandveld - Langs die kus vir ongeveer 50km binneland. Dele waar genoeg water voorkom word daar suksesvol met aartappels geboer
Ons by Namakwa Toere weet dat jy nie blomme kyk slegs om een van hierdie streke te besoek nie. Ons besoek 4 van hierdie 5 streke, die enigste streek wat ons nie besoek nie is die Richtersveld. Ons ry baie kilometers en probeer vir ons toerlede die beste waarde vir geld te gee, en dit is waarom ons susksesvol is. Ons kry jaarliks dieselfde toerlede terug. Baie sê hulle kom terug vir ons gasvryheid en ander sê hulle kom terug vir die weglê-etes en die superluukse busvervoer.
Ander streke wat ons besoek:
- Boesmanland - In die Nieuwoudtville omgewing wat dan ook bekend staan as die hoofstad van bolplante in die wêreld.
- Swartland - Hierdie streek se naam is nou ‘n bietjie misleidend aangesien die Swartland in Augustus en September maand pragtig groen is en spog met die mooiste geel plate canola blomme, dit is dan ook die mooiste maande om hierdie streek te besoek
- Olifantsriviervallei - Hierdie streek spog met die grootste wynkelder in die Suidelike halfrond! En dit is ‘n baie interessante streek om te besoek met sy baie ryk geskiedenis en kanaalstelsel.
- Weskus - Hierdie ongerepte natuurskoonheid van die Weskus betower altyd toeriste.
Dit is baie belangrik en altemit noodsaaklik om soveel streke in Namakwaland te besoek as wat dit moontlik is. Daarom is ons baie bevoorreg om in Namakwaland te woon en van hier ons toere te beplan en te doen, dit is hoekom ons presies weet waar om blomme te gaan kyk. Ons weet ook wat aangaan in ons streek en wanneer dit reën, en hoe dit in elke streek lyk, want ons is in kontak met mense in die verskeie dele van Namakwaland. Ons maak seker dat ons vir elke blommekyker net die mooiste blomme en beste besienswaardighede van die streek wys en vir die beste bekostigbare toerprys. Dit is belangrik dat u moet weet dat dit ons reënseisoen is en indien u beplan het om elke aand op `n ander dorp te slaap en u moet van die spesifieke dorp na die volgende dorp ry en dit reën, u op daardie spesifieke dag geen blomme kan sien nie as gevolg van die onweer wat saam met u trek. Dit is hoekom ons die reg voorbehou om ons dag tot dag se reisprogram te kan omruil om by die weer aan te pas.
Vriendelike Blomme en Berge groete
Namakwa Toere Span
Innes Spies
Jenny Spies
Mike Spies
|