Streke wat ons besoek:

BESPREKINGS

Click hier vir Besprekingsvorm

Hoe bespreek ek ‘n toer by Namakwa Toere?

  • Wanneer u besluit het om op een van ons toere te bespreek, vul die besprekings vorm in.  Faks of epos die vorm dan vir ons kantoor.  Die nodige sal dan deur ons gedoen word (hotel- en vlieg besprekings indien u dit so aangedui het).  U sal ‘n toerverwysings-nommer en Namakwa Toere se bank-besonderhede ontvang.  Hierdie toerverwysings-nommer moet op u deposito strokie aangetoon word. Hierdie toerverwysingsnommer moet ook op alle korrespondensie gebruik word vir die toer wat u bespreek het.
  • Ons verskaf nie bank besonderhede sonder ‘n besprekingsvorm nie.  Die enigste rede hiervoor is dat toerlede in die verlede gelde inbetaal sonder dat hulle ‘n toer verwysings- nommer ontvang het, en dat hulle nie ‘n bespreking per faks of epos gedoen het nie.  Dit het al gebeur dat voornemende toerlede gelde inbetaal het, maar dat daardie spesifieke toer alreeds vol bespreek was. 

Wanneer is die toer  gelde betaalbaar?

  • Deposito van R2 000.00 per toerlid is betaalbaar nadat u ‘n toerverwysings-nommer ontvang het met u bespreking.
  • Balans is betaalbaar 30 dae voor u toer se vertrekdatum.

Wat gebeur as  Namakwa Toere die toer kanselleer?

      • Namakwa Toere onderneem om sover dit moontlik is geen toer te kanselleer nie.   Ons het nog nooit nodig gehad om ‘n blommetoer te kanselleer nie.   Indien dit ooit sou gebeur dat ons ‘n toer moet kanselleer,  sal ons u gelde wat u alreeds betaal het, binne 24 uur terugbetaal met 10% rente per jaar.
      • Die rede waarom ons hierdie voorwaarde onder u aandag wil bring, is aangesien ons jaarliks ondervind dat toeriste by ander toer operateurs bespreek, gelde betaal en dan word die toer later gekanselleer.  Die toeriste moet sukkel om hulle gelde terug te kry en ons het al gevalle gehad waar mense al hulle gelde by hierdie toer operateurs verloor het.
      • In baie gevalle het die toeriste alreeds vlieg reëlings getref, (hierdie gelde word nie deur die lugrederye terugbetaal na kansellasie nie).  Ons het al in die verlede van hierdie toeriste tegemoet gekom en hulle op ons toere geneem, maar daar was kostes van verandering van vlieg reëlings wat hierdie toeriste aan die lugrederye moes oorbetaal.
      • Daar is nuwe “toer-operateurs” wat nou ook toere aanbied na ons streek en elders en voorwaar, dit lyk na ‘n winskoop vir die toeris.  Die werklikheid is as ‘n toer goedkoop is, sal daar redes voor wees.  Die moontlikheid bestaan dat die toer-operateur nie weet wat hy doen nie en die toerlid staan ‘n kans om sy geld te verloor. 
      • Deur goedkoop akkommodasie te gebruik, goedkoop etes te voorsien, goedkoop “luukse” busse te gebruik, is gelykstaande aan ‘n goedkoop toer wat risiko’s inhou.
      • Dit is jammer, maar vanjaar noem ons hierdie punte, want daar is geen reëls in die toerbedryf nie.  Ons sien jaarliks hoe toerlede ingedoen word en selfs al hulle geld verloor omdat toer-operateurs ondergaan en toere kanselleer waar toerlede sukkel om hulle gelde terug te kry.  Daar is selfs op die oomblik toer-operateurs wat al bankrot gespeel het waar toerlede al hulle geld verloor het, en dan begin die persoon net weer ‘n nuwe toerbesigheid onder ‘n nuwe naam en hulle gee ons bedryf ‘n baie slegte naam.

Vriendelike Blomme  en Berge  groete

Namakwa Toere Span
Innes Spies
Jenny Spies
Mike Spies