Hoekom saam met Namakwa Toere gaan toer?
1. Ons toer al sedert 1985.
2. Ons bly in Namakwaland en ken ons streek. Ons doen hoofsaaklik toere na ons eie streek.
3. Ons is `n familiebesigheid en is self die toergidse. Ons toergidse het `n passie vir hul werk en ons verseker u van die beste, vriendelikste, hulpvaardigste en bekwame toergidse!
4. Ons slaap in ons eie hotel, Namaqualand Country Lodge, te Vanrhynsdorp – die hart van Namakwaland.
5. Ons is geregistreerde toergidse. Indien u ooit in Suid-Afrika op `n toer gaan, vra vir jou toergids om sy toergids ID-kaart te toon. Op die agterkant sal dit aantoon of die gids wel geregistreer is vir die gebied waarin u toer. Dit is jammer dat dit in Suid-Afrika nie goed genoeg gepolitiseer word nie. (Ons kry elke jaar toeroperateurs wat toere na Namakwaland en ons streek onderneem en hulle maak nie gebruik van gidse wat geregistreer is vir ons streek nie. Daar is selfs gevalle waar gidse geheel en al glad nie geregistreer is nie. Dit is onwettig. Wees op die uitkyk daarvoor!)
6. Omdat ons slegs op 1 plek tuis gaan, het ons nie nodig om `n gejaagde reisprogram te hê nie. Ons busbestuurder is nie onder druk nie. As jy saam met ons op toer gaan, gaan jy eintlik met vakansie.
7. Ons toer prys sluit alle etes in. Ons aandetes en ontbyt by Namaqualand Country Lodge is buffet etes. Ons verseker u ons het `n baie groot verskeidenheid van vleis, groentes, slaaie en nageregte. Namaqualand Country Lodge is bekend vir sy weglê-etes.
8. Dit is jammer, maar vanjaar noem ons hierdie punte, want daar is geen reëls in die toerbedryf nie. Ons sien jaarliks hoe toerlede ingedoen word en selfs al hulle geld verloor omdat toeroperateurs ondergaan. Daar is selfs op die oomblik toeroperateurs wat al bankrot gespeel het waar toerlede al hulle geld verloor het en dan begin die persoon net weer `n nuwe toerbesigheid onder `n nuwe naam en hulle gee ons bedryf `n baie slegte naam. Daar is nuwe (toeroperateurs) wat nou ook toere aanbied na ons streek en elders en voorwaar, dit lyk na `n winskopie vir die toeris. Die werklikheid is as `n toer goedkoop is, is daar redes voor. Die moontlikheid bestaan dat die toeroperateur nie weet wat hy doen nie en die toerlid staan `n kans om sy geld te verloor. Deur goedkoop akkommodasie te gebruik, goedkoop etes te gebruik, goedkoop luukse busse te gebruik is gelykstaande aan `n goedkoop toer wat risiko’s inhou.
9. Ons wil nie hiermee te kenne gee dat u slegs met Namakwa Toere ons streek moet besoek nie. Daar is ongelukkig net `n paar ander toeroperateurs wat ook al jare lank gevestig en betroubaar is. Ons is wel die leiers op die gebied van Namakwalandse Blommetoere en ons Weskus-Sederberge toere.
10. Indien u enige twyfel het oor Namakwa Toere, kontak ons gerus. Ons het al `n paar duisend mense na Namakwaland gebring en al talle Weskus-Sederberge toere onderneem, en ons kan vir u verwysings gee van toerlede wat al saam met ons getoer het of besoek ons webtuiste, daar is ook inligting in hierdie verband. Ons neem ongeveer `n duisend mense elke jaar na ons streek met bustoer. Ons toere is gewoonlik lank voor die tyd vol bespreek.
11. Ons Weskus-Sederberge toer is uniek. Geen ander toer operateur het al hierdie reisprogram gebruik om ‘n toer aan te bied nie. Ons verseker u hierdie is ‘n sielsverrykende vakansie. |