Streke wat ons besoek:

GIFBERG

Gifberg maak saam met Maskamberg deel uit van die Matzikama-bergreeks en dit is die noordelike uitloopsels van die Sederberge en die Kaapse Plooiberge. Net soos die Sederberge, is Gifberg baie bekend vir sy talle rotsformasies, watervalle en rotstekeninge.

Van die rotsformasies wat te vinde is op Gifberg is rotse wat soos `n krokkedil, `n dinosourus, `n bees en `n skilpad lyk. Gifberg se naam is egter afkomstig van die gifboom, deel van die fynbos-familie, wat net op die Matzikamaberge gevind word en nêrens anders ter wêreld nie. Daar word hoofsaaklik met rooibostee geboer, wat ook fynbos is en baie goed aard op Gifberg omdat dit rooibostee se natuurlike habitat is