BOESMANLAND
Die Bokkeveldplato en Hantam maak albei deel uit van die Boesmanland. Dit is nie deel van Namakwaland nie, maar huisves jaarliks van die mooiste plate blomme en bolplante.
Buiten blomme, is daar heelwat interessanthede in die Nieuwoudtville area om te besoek regdeur die jaar, soos die Kokerboomwoud, Nieuwoudtville-waterval, gletserspore en die NG-Kerk. Nieuwoudtville is ook bekend as die bolplanthoofstad van die wêreld omdat daar op geen ander plek op aarde meer bolplante voorkom as in die Nieuwoudtville omgewing nie.
Die Bokkeveld en Hantam is redelike koel streke in vergelyking met die res van die blomsteke. Dit veroorsaak dat die blomme in die Boesmanland langer hou as in die res van Namakwaland