Streke wat ons besoek:

4 Dag Weskus - Sederberge - Stadsaalgrotte Toer

Toerprys: R4 550pp
R2 000 deposito met bespreking
Balans 30 dae voor toer vertrek

Boesmanland
Knersvlakte
 
 

Toer Nr.

Vertrek Road Lodge Airport, by die Kaapstad Internasionale Lughawe

Arriveer middag Road Lodge Airport, by die Kaapstad Internasionale Lughawe

 

1

Vrydag

2 April 2010

Maandag

5 April 2010

2 Vrydag 7 Mei 2010 Maandag 10 Mei 2010
3 Dinsdag 14 September 2010 Vrydag 17 September 2010

KaapstadToerprys sluit in
Luukse 28 sitplek busvervoer
3 Nagte akkommodasie by ons hotel
Namaqualand Country Lodge
Ontbyt, aandete en
Ligte middagete
Verversings
Alle toer toegangsfooie
Geregistreerde Toergids

TOERPROGRAM:

DAG 1:

Om 06H45 vertrek ons vanaf Road Lodge Airport, by die Kaapstad Internasionale Lughawe, en daarna sal ons die res van die toerlede om 07H30 by Parc du Cap in Bellville optel. Ons volg die roete oor die Piekenierskloofpas wat deel is van die Olifantsrivierberge. Clanwilliam was ook die tuiste van C.Louis Leipoldt en dit dan ook in die Pakhuisberge wat deel van die Sederberg reeks is, waar ons Leipoldt se graf gaan besoek.

DAG 2:

Vandag besoek ons die Stadsaal Grotte. Hierdie roete beloof om vol verbeeldingryke verrassings te wees wat tussen die geweldige hoë berghange en klowe sal deur lei. Hier oppad na nêrens kry jy die afdraai na die Stadsaal grotte wat die hoogtepunt van ons toer is. Hierdie is 'n deel van ons land wat nog net nie deur die toeris ontdek is nie. Hier sal ons ook seker een van die mooiste voorbeelde van Rotskuns (Boesman tekeninge) sien.

DAG 3:

Ons besoek vandag die Matzikama berge wat die mees noordelike uitloopsels van die Serderbergreeks is. Die Matzikama berge is bekend vir sy rotsagtige gediertes en klip-dinosourusse wat ons te siene gaan kry op ons besigtingstoer bo-op Gifberg. Dit is ook hier wat ons sal sien hoe 'n waterstroompie 'n gat in 'n rots gevorm het oor die eeue heen. Gifberg het sy naam gekry as gevolg van die gifboom wat endemies is tot hierdie bergreeks en nêrens elders in die wêreld voorkom nie. Ons besoek ook Nieuwoudtville en die Kokerboom kwekery.


DAG 4:

‘n Interessante Weskus dag lê voor met kusdorpies wat nêrens anders in die wêreld gevind kan word nie, met ‘n kultuur wat slegs hier heers. Die Weskus is sinoniem met kreef, snoek, bokkoms en gasvrye Weskus-mense. Ons reis deur die Sandveld ry verby Graafwater en Leipoldtville na Elandsbaai. Ons besoek ook die mooi vissersdorpie Paternoster en vertrek na Kaapstad na 'n onvergeetlike sielsverrykende tyd wat ons beleef het in die berge.

Olifantsriviervallei Weskus Sederberge Olifantsriviervallei