Streke wat ons besoek:

4 Dag Namakwaland Blomme Toer

 

Namakwaland Blomme Toere  - 4 Dae – 3 Nagte  -   R4 950 pp

R2 000 deposito met bespreking
Balans 30 dae voor toer vertrek

Toerprys sluit in:
Luukse 28 sitplek busvervoer
3 Nagte akkommodasie by ons hotel Namaqualand Country Lodge
Ontbyt, aandete en ligte middagete
Verversings
Alle toegangsfooie
Geregistreerde Namakwalandse Toergids

Toer Nr.

Vertrek Road Lodge Airport, by die Kaapstad Internasionale Lughawe

Arriveer middag Road Lodge Airport, by die Kaapstad Internasionale Lughawe

Augustus 2010

1

Sondag

1 Augustus 2010

Woensdag

4 Augustus 2010 VOL

2 Donderdag 5 Augustus 2010 Sondag 8 Augustus 2010
3 Maandag 9 Augustus 2010 Donderdag 12 Augustus 2010 VOL
4 Vrydag 13 Augustus 2010 Maandag 16 Augustus 2010
5 Dinsdag 17 Augustus 2010 Vrydag 20 Augustus 2010
6 Saterdag 21 Augustus 2010 Dinsdag 24 Augustus 2010 Enkel mans kry R500 afslag op toer 6.
7 Woensdag 25 Augustus 2010 Saterdag 28 Augustus 2010
8 Sondag 29 Augustus 2010 Woensdag 1 September 2010
September 2010
9 Donderdag 2 September 2010 Sondag 5 September 2010
10 Maandag 6 September 2010 Donderdag 9 September 2010
11 Vrydag 10 September 2010 Sondag 13 September 2010

Dag 1 - Dorpe en besienswaardighede op ons roete:
Bellville - Malmesbury - Moorreesburg - Piketberg - Piekenierskloof - Clanwilliam - Soldaatkop - Leipoldt se graf - Engelsman se graf - Bieudouw vallei Clanwilliam - Klawer - Vanrhynsdorp

Om 06H45 vertrek ons vanaf Road Lodge Airport, by die Kaapstad Internasionale Lughawe, en daarna sal ons die res van die toerlede om 07H30 by Parc du Cap in Bellville optel. Vandag begin ons met ‘n onvergeetlike toer en sal die grootste deel van die dag deurbring in die Olifantsrivier-vallei en die majesteuse Sederberge waar rots formasies en plantegroei jou weglei na ‘n ander dimensie. Die Pakhuisberge se naam spreek vanself en is die poort tot die Bieudouw wat alom bekend is vir sy plate blomme. Die roete neem ons deur die Boland en Swartland, oor die Olifantsrivier berge in ‘n vrugbare vallei langs die Olifantsrivier waar skilderagtige berge weerskante van die pad pronk.

Dag 2 - Dorpe en besienswaardighede op ons roete:
Vanrhynsdorp - Kokerboom kwekery - Nieuwoudtville - Nieuwoudtville Waterval - Kokerboomwoud - NG Kerk Nieuwoudtville - Gletserspore - Calvinia - Vanrhynspas

Ons besoek wêreldbekende vetplant kwekery wat die grootste van sy soort is, en spandeer die res van die dag in Nieuwoudtville, die bolplant hoofstad van die wêreld. Hierdie deel van die Boesmanland stel nooit teleur wanneer dit by blomme kom nie. Van bo-op die Vanrhynspas het ‘n mens ook ‘n asemrowende uitsig oor die Knersvlakte, Maskam en Hardeveld.

Dag 3 - Dorpe en besienswaardighede op ons roete:
Vanrhynsdorp - Nuwerus - Bitterfontein - Garies - Luit. CJ Darter se graf - Kamieskroon - Geweerlope - Springbok - Nababeep - Okiep - Concordia - Orbukilere Graniet

Die Knersvlakte bestaan uit golwende heuwels van rooi bogronde wat bedek lê met wit kwartsklippies, maar hoewel dit lyk asof klippies en ‘n paar bossies hier voorkom, word die toeris altyd verras deur die klein dwergvetplantjies wat die versteekte skatte tussen hierdie wit klippies is.

Dag 4 - Dorpe en besienswaardighede op ons roete:
Vanrhynsdorp - Clanwilliam - Graafwater - Lambertsbaai Leipoldtville - Elandsbaai - Dwarskersbos - Laaiplek - Port Owen - Velddrift - Vredenburg - Paternoster

‘n Interessante Weskus dag lê voor met kusdorpies wat nêrens anders in die wêreld gevind kan word nie, met ‘n kultuur wat slegs hier heers. Die Weskus is sinoniem met kreef, snoek, bokkoms en gasvrye Weskus-mense.
Die Weskus is 'n blommeryke streek, en laat die toeris sommige jare verstom staan met al sy blommeprag al is dit nie 'n deel van Namakwaland nie.

Knersvlakte
 
 
 
Weskus Boesmanland Boesmanland