4 Dag Namakwaland Blommetoer

 

OOR DIE TOER

Bus

Namaqua Lodge

1 - 4 Augustus, 28 - 31 Augustus, 7 - 10 September, 11 - 14 September, 15 -18 September

Geregistreerde toergids

R7 400 - R8 900

Hierdie toer strek oor vier dae en toergangers besoek onder meer Darling, Langebaan, die Knersvlakte, Garies, Elandsbaai en ons lê besoek af aan die ou kopermyndorpies rondom Springbok.

DAG 1 en 2

Van Kaapstad tot Vanrhynsdorp / Van Vanrhynsdorp tot in Springbok

Dag 1

Ons vertrek van Kaapstad en ry deur Bloubergstrand, verby Melkbosstrand, Atlantis en Mamre op pad na Darling.

 

Ons ry daarna na Velddrif, Port Owen en Dwarskersbos, verby Rocherspan en oor die Verlorenvlei, voordat ons by Elandsbaai uitkom. Van hier kies ons koers na Vanrhynsdorp.

 

  • Maak ’n draai by Saldanha se hawe.
  • Ons besoek die bokkomhoofstad van Suid-Afrika.
  • By Elandsbaai word kreefbakkies met hyskrane tot in die baai laat sak.

 

Dag 2

Vandag besoek ons die Knersvlakte asook Nuwerus en Bitterfontein. Voor ons Garies bereik, ry ons die Namakwalandse Klipkoppe binne, wat strek tot noord van Springbok.

Ons lê ook besoek af aan die ou kopermyndorpies rondom Springbok – Nababeep, Concordia en Okiep.

  • Sien dwergvetplantjies wat tussen die wit kwartsklippies groei.
  • Ons besoek die ou kopermyndorpies rondom Springbok.
  • Vandag se roete beloof van die beste blomme.

DAG 3 en 4

Van Nieuwoudtville tot terug in Kaapstad

Dag 3 en 4

Dag 3 bestee ons in die omgewing van Nieuwoudtville en die talle besienswaardighede daar. Die laaste dag ry ons deur die Olifantsriviervallei, besoek Clanwilliam en ry deur die Swartland tot in Kaapstad.

 

  • Besoek die Kokerboomwoud by Nieuwoudtville.
  • Maak ’n draai by Ramskop-natuurtuin op die oewer van die Clanwilliamdam.
  • Sien die goudgeel canola- en grasgroen koringlande van die Swartland.

KONTAK ONS

Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.

Kies toer

Aantal mense

Naam

E-pos

Telefoon nommer

Jou boodskap