NAMAKWA TOERE

Die skouspelagtige blommeprag van  Namakwaland lok jaarliks duisende toeriste.

Namakwa Toere – wat toere na hierdie prentjiemooi gebied aanbied, is ’n familie-besigheid met mense wat passievol is oor toerisme in Namakwaland. “Ons weet presies waar om die toeris te neem om sy besoek aan Namakwaland onvergeetlik te maak.

Onvergeetlik

Beleef `n onvergeetlike ondervinding na die ongerepte Weskus en Namakwaland.

Luukse vervoer

Toergangers reis met luukse busvervoer en jy kan lekker ontspan en die natuur geniet.

Smullekker kos

Ons aandetes en ontbyt by Namaqualand Lodge is die heerlikste buffet-etes.

Unieke roetes

Elke blommekyker sien net die mooiste blomme en die beste besienswaardighede.

Kundige toergidse

Ons verseker u van die beste, vriendelikste, hulpvaardigste en bekwame toergidse!

Gasvryheid

Ons kry jaarliks dieselfde toerlede terug. Die meeste sê hulle kom terug vir ons gasvryheid.


EKSLUSIEWE TOERE

Ons bied ook toere na die sonderlinge Namibië, Fotografie-toere en dan kan jy ook jou eie pasgemaakte toer saamstel.

NAMAKWA TOERE VIR 2017/2018

4 Dag Namakwaland Blommetoer


5 Dag Namakwaland Blommetoer 2017


6 Dag Namakwaland Blommetoer 2017


Staptoere

Weskus Sederberge Toer

Beste reisprogram, luukse busvervoer, verblyf en smullekker etes

Luukse verblyf

Wanneer ons in Namakwaland is, slaap ons by Namaqualand Lodge. Toerlede kan verseker wees van die beste diens en gasvryheid en daar is ook is lugverkoeling!

Unieke plekke

Ons is baie bevoorreg om in Namakwaland te woon en van hier ons toere te beplan en te doen, dit is hoekom ons presies weet waar om blomme te gaan kyk.

Interessante roetes

Ons wys toergangers alles wat die streek uniek maak, nie net die blomme nie, maar ook die talle besienswaardighede.

Nuwe vriende

Ons toergangers kuier so lekker saam dat hulle kontak behou ná die toere en selfs terugkeer om groepbesprekings te maak.

UNIEKE ERVARING

Namakwa Toere het jare se ervaring, en hul kundigheid, kennis en uitstekende diens is alombekend.

Die Spies-familie kom al ’n lang pad in die toerbedryf. Die onderneming is in 1985 gestig en dit is reeds die derde geslag van dié familie in die toerisme-bedryf.

Hulle ken die omgewing soos die palm van hul hand en neem toergangers na besonderse plekkies waarvan net hulle weet.

0
Jaar in die toerbedryf
0
Generasie Spiese
0
Streke wat ons besoek
0
% omgee-faktor

VAN VORIGE TOERE

Kyk na ons video’s en foto’s van vorige toere. Kyk wat sê toergangers oor hul ervaring saam met Namakwa Toere.

Nieuwoudtville-waterval

In die Doringriver net buite Nieuwoudtville.

Die blommeprag in die Weskus

Plate kleurryke blomme aan die Weskus.

WAT TOERGANGERS OOR ONS SE

KONTAK ONS

Kontak ons met die volgende besonderhede, of vul die vorm in.

info@namakwatoere.com

Voortrekkerstraat 22, Vanrhynsdorp, Wes-Kaap, Suid-Afrika

Stuur vir ons ’n boodskap.

Naam

E-pos

Kontaknommer

Jou boodskap